Iqbal Sharma is in die Bloemfonteinse Landdroshof borgtog geweier

 Iqbal Sharma is in die Bloemfonteinse Landdroshof borgtog geweier

Foto: TimesLIVE

Die sakeman en voormalige Transnet-raadslid, Iqbal Sharma, wat ook bande met die Gupta-familie het, is in die Bloemfonteinse Landdroshof borgtog geweier.

Netwerk24 berig Landdros Estelle de Lange het in haar beslissing gesê die feit dat Sharma sy paspoort aan owerhede oorhandig het, beteken nié dat hy nie uit die land kan vlug nie.

Sy het verder gesê Sharma het nie voldoende bewyse gelewer dat hy nie sal vlug nie.

Soos vroeër berig word Sharma en drie ander verdagtes beskuldig van bedrog, korrupsie en geldwassery van R24,9-miljoen in die omstrede Estina-suiwelprojek in Vrede in die Vrystaat.

Luidens berigte sal Sharma in aanhouding bly tot hy weer op 5 Julie in die hof moet verskyn.

LeandreAdmin@