Iran se konsulaat in die Siriese hoofstad, Damaskus, is vermoedelik tydens ‘n Israeliese aanval vernietig. Vyf Iranse diplomate is volgens die Iranse nuusagentskap, Tasnim, in die aanval dood. Een van die slagoffers is Mohammad Reza Zahedi, ‘n senior bevelvoerder in Iran se Islamitiese Revolusionêre wag.

Reuters-verslaggewers het berig hulle het gister gesien hoe rook uit die puin van ‘n gebou borrel wat in die Mezzeh-distrik platgevee is. Daar was verskeie nood voertuie op die toneel en ‘n Iranse vlag aan ‘n vlagpaal het voor die puin gehang. ‘n Israelse militêre woordvoerder het aan media gesê hulle lewer nie kommentaar op berigte in buitelandse media nie. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×