Die Iranse regering sê in ‘n huldeblyk, sy ontslape president Ebrahim Raisi, het die mense van Iran goed gedien. Raisi en nog agt ander – insluitend die land se minister van buitelandse sake – is gister in ‘n helikopterongeluk in die noordweste van Iran dood.
Raisi se dood kom op ‘n onstuimige tyd in die Midde-Ooste, met die bloedige oorlog in Gasa wat voortwoed. Die vise-president, Mohammad Mokhbe, neem nou as tussentydse staatshoof waar, totdat ‘n nuwe president verkies word. Kragtens wetgewing moet ‘n presidentsverkiesing onder hierdie omstandighede, binne 50 dae ná die afsterwe van ‘n dienende president gehou word.
1 Comment
Comments are closed.