Iran het sy belofte gestand gedoen om hom op Israel te wreek vir die dodelike aanval op die Iranse ambassade in Damaskus.

‘n Magdom missiele het vir ongeveer vyf ure lank oor Israel uitgereën. CNN berig die oorgrote meerderheid missiele is buite Israel se grondgebied deur lugverdedigingstelsels onderskep. Volgens Israel se nooddiens is daar geen bevestiging van beserings wat direk deur Iranse aanvalle opgedoen is nie.

President Joe Biden het intussen dit duidelik gemaak dat die VSA nie aan enige offensiewe operasies teen Iran sal deelneem nie. Maar hy het gesê Washington se verbintenis tot Israel se veiligheid bly steeds onwrikbaar.

Amerikaanse magte het meer as 70 hommeltuie en minstens drie ballistiese missiele onderskep. Amerika is van mening dat Iran se aanval op Israel grotendeels onsuksesvol was.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×