Iran het gister gesê hy sal nie huiwer om te reageer op Amerikaanse aanvalle op sy grondgebied nie. Dit nadat die Withuis gehuiwer het om te sê of aanvalle op Iran uitgesluit is. AFP berig Jake Sullivan, nasionale veiligheidsadviseur van die Withuis, het tydens ‘n televisie-onderhoud gesê Amerika sal voortgaan met sy vergelding teen groepe in Irak en Sirië wat deur Iran ondersteun word.

Sullivan wou nie op ‘n vraag antwoord of dit direkte aanvalle op Irak insluit nie. Hy het bygevoeg indien Iran verkies om direk op Amerika te reageer, sal hulle ‘n vinnige reaksie ontvang. Nasser Kanani, woordvoerder van Iran se ministerie van buitelandse sake, het gesê die islamitiese republiek sal nie huiwer om sy vermoëns te gebruik om op enige aanval op sy grond te reageer nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×