Iran se Revolusionêre Wagte, of IRGC, het gesê Israel sal boet vir die dood van een van sy bevelvoerders. Reuters berig Brig Genl Sajed Razi Moesawi is dood in ‘n lugaanval buite Damaskus in Sirië. Die IRGC het die oorledene beskryf as een van sy oudste raadgewers in Sirië. Die IRGC het in ‘n verklaring wat op Iranse staatstelevisie gelees is, gesê die verdringer en wrede Sionistiese regime sal vir die misdaad boet. Die Israeliese weermag het nie onmiddellik kommentaar gelewer nie. INTUSSEN, het die Pentagon gesê die Amerikaanse weermag het vergeldingsaanvalle op drie fasiliteite in Irak uitgevoer wat deur Iran-gesteunde militante gebruik word. Die aanvalle is in reaksie op ‘n reeks aanvalle deur Iran-gesteunde militante op Amerikaanse personeel in Irak en Sirië.
