Die begrafnis van drie dae van president Ebrahim Raisi begin vandag (Dinsdag) in Tabriz en verskuif vanmiddag na Qom. Hy het Sondag in ‘n helikopterongeluk omgekom.
LEES MEER: Iran het 50 dae om ‘n nuwe staatshoof te kies
‘n Afskeidseremonie word vanaand by die Imam Khomeini-moskee in Tehran gehou. Môre beweeg die stoet vanaf die Tehran-universiteit na Azadi-plein, gevolg deur ‘n hoëvlak seremonie en nog een in Birjand voor sy begrafnis Donderdag in Mashdad.
‘n Nasionale routyd van vyf dae is afgekondig asook ‘n nasionale vakansiedag aanstaande maand.
LEES MEER: Rhamaphosa rou oor die dood van Iran se president
Goewerneurs mag ook provinsies waar begrafnisseremonies gehou word, sluit.