Antony Blinken, Amerikaanse minister van buitelandse sake, sê Benjamin Netanyahu eersteminister van Israel, het ‘n oorbruggingsvoorstel vir ‘n moontlike wapenstilstandooreenkoms aanvaar.

Washington se voorstel het ten doel om enige meningsverskille – wat in die pad van ‘n Gasa-vredesooreenkoms staan – uit die weg te ruim.

Reuters berig Blinken doen nou ‘n ernstige beroep op die Palestynse Hamas-militantegroep, om ook die oorbruggingsvoorstel te aanvaar. Dít sodat vredesonderhandelings voortgesit kan word.

Dit is amper ‘n jaar sedert Israel op 7 Oktober onverwags deur Hamas aangeval is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×