Israel word deur Hamas, asook deur Palestina, verantwoordelik gehou vir gister se Beirut-aanval waartydens, Saleh al-Asouri, ‘n Hamas-hoofleier, dood is.

Die aanval op Lebanon se hoofstad vuur die vrees aan dat die Israel/Hamas-konflik in die Gasastrook besig is om wyer uit te kring.

Die 57-jarige Asouri is die eerste senior Hamas-leier wat in die voortslepende konflik dood is.

Hamas het sy dood veroordeel, terwyl die militantegroep se bondgenoot, Hezbollah, sê die aanval is ‘n aanslag op Libanese soewereiniteit.

Israeliese woordvoerder, Mark Regev, sê wie ookal vir Asouri se dood verantwoordelik is, het duidelik sy mes vir Hamas in.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×