Die Israeliese weermag het gesê hy het ‘n tonnel wat deur Hamas gebruik word en ‘n voertuig met wapens in die Al-Sjifa-hospitaal in Gazastad gekry. Volgens The Guardian het troep e ‘n operasionale tonnelskag en ‘n groot aantal wapens in ‘n voertuig gekry, het die weermag in ‘n verklaring gesê. Video’s en foto’s is uitgereik om die bewerings te staaf. INTUSSEN, het die premier van Israel, Benjamin Netanyahu, in ‘n onderhoud met CBS gesê die weermag doen alles moontlik om burgelikes uit die spervuur te hou. Dit sluit pamflette in wat versprei word om mense te vra om te vlug. Netanyahu het egter erken die pogings om burgerlike sterftes tot ‘n minimum te beperk, is onsuksesvol omdat Hamas alles doen wat hy kan om burgerlikes in die spervuur te hou. Minstens 11-duisend-500 mense is reeds in Gaza dood volgens syfers van die Verenigde Nasies.