Israeliese verdedigingsmagte beweer hulle het Hamas se grootste tonnel in Gaza ontdek wat ontwerp is om motorvragte Hamas-vegters tot op die grens met Israel te vervoer. Sky News berig die neutralisering van honderde kilometer ondergrondse tonnels en bunkers in Gaza is onder die doelwitte van die Israeliese offensief nadat Hamas-vegters sy massiewe aanval op 7 Oktober op Israeliese grondgebied geloods het. Die Erez-grenskruising was van die gebiede tussen Gaza en Israel wat deur Hamas aangeval is. Die Israeliese Weermag het gister, net 100m suid van die kontrolepunt, die verskuilde uitgang vir wat hulle die vlagskip Hamas-projek noem, aan verslaggewers uitgewys. Die tonnel is 50m diep, waar dit tot 3m in hoogte en wydte vergroot het en klaarblyklik geventileer en met elektriese stelsels toegerus was.