Israel en Hamas het vandag ‘n laaste-minuut-ooreenkoms aangegaan, om die ses dae lange wapenstilstand met nog ‘n dag te verleng.
Reuters berig die jongste ooreenkoms, wat in die doodsnikke van die voorafgaande gevegstilstand beklink is, word aan die hand van dieselfde voorwaardes verleng.
Katar, wat as bemiddelaar tussen Israel en die Palestynse militantegroep optree, sê die ekstra tyd maak dit moontlik om verdere gyselaar-uitruilings in die beleërde Gasastrook te bewerkstellig.