Israel het sy ambassadeur in Suid-Afrika, Eli Belotserkovsky, herroep. Israel se Ministerie van Buitelandse Sake het gister in ʼn verklaring gesê die ambassadeur is vir konsultasies herroep na aanleiding van die jongste negatiewe verklarings van Suid-Afrika jeens Israel. Suid-Afrika het ook gister gevra dat ‘n hofbevel vir die inhegtenisname van Israel se eerste Minister, Benjamin Netanyahu deur die Internasionale Strafhof uitgereik word. Die ANC het ook aangedui dat dit moontlik ʼn parlementêre mosie sal steun oor die sluit van die Israeliese ambassade in die land. Suid-Afrika het ook weke gelede reeds sy diplomate uit Israel herroep. Suid-Afrika is baie krities oor Israel se veldtog in Gasa teen Hamas en sien dit as volksmoord teen die Palestyne.