Israel se weermag het gesê hulle berei voor vir die volgende fases van oorlog teen Hamas. Dit sal aanvalle uit die lug, see en vanaf die land insluit, asook grondoperasies. Honderdduisende reserviste het hul reeds by die weermag aangesluit en sal betrokke wees in ‘n reeks operasionele offensiewe planne, het die Israeliese weermag, of IDF, gister in ‘n verklaring gesê. Die magte, insluitende die reserviste, het die afgelope paar dae toesrusting ontvang wat hulle nodig sal hê vir gevegte. CNN berig bataljons word regoor die land ontplooi en operasionele gereedheid word verhoog vir die volgende fases van die oorlog. Klem sal gelê word op grondoperasies, het die IDF gesê.
