Israel se oorlogskabinet het ‘n inval in die suidelike stad van Gaza, Rafah, goedgekeur sodra burgerlikes die gebied verlaat het.
Bloomberg berig dit is ‘n aanduiding dat die owerhede gereed is om hul militêre veldtog teen Hamas te verskerp terwyl onderhandelinge vir ‘n skietstilstand voortgaan. Die kantoor van die Israeliese premier, Benjamin Netanyahu, het gister gesê Israel se weermag, of IDF, doen stappe om ‘n geraamde 1,5 miljoen Palestyne wat in die stad skuil, te hervestig wat gesien word as ‘n aanloop tot ‘n operasie op die grond.
Israel gaan ook ‘n afvaardiging na Katar stuur om onderhandelinge te hervat om gyselaars vry te laat. Dit volg na ‘n voorstel vir ‘n skietstilstand wat Hamas voorgestel het en glo onbillike eise bevat het.