Die Israeliese weermag sê hy het meer as 50 Palestynse gewapende mans binne die afgelope 24 uur in gevegte by die Shifa-hospitaal in die Gasastrook doodgemaak.

Sedert hy sy aanval in die omgewing van die Shifa-hospitaal geloods het, beweer Israel hy het meer as 140 terrosiste om die lewe gebring. Daar is glo ook op skuilingsinfrastruktuur en wapenbergingsplekke afgekom.

Volgens Reuters sê Israel hy gaan vandag onverpoosd met sy operasionele gevegsplanne by die hospitaal voort.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×