Israel het vandag sy aanvalle is Gaza voortgesit nadat die land aan die VSA gesê het die oorlog om Hamas te vernietig, sal maande duur. AFP berig alhoewel die VSA Israel steun, het hy sy bondgenoot gedruk om meer te doen om burgerlike ongevalle te verminder. Tydens ‘n vergadering met die VSA se nasionale raadgewer, Jake Sullivan, het die Israeliese minster van verdediging, Yoav Gallant, Donderdag gesê die stryd teen Hamas sal ‘n tydperk verg, maar dat Israel sal wen en Hamas vernietig word. Israel se minister van buitelandse sake, Eli Cohen, het bygevoeg die oorlog sal voortgaan, met of sonder internasionale ondersteuning.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×