Israel se ambassade in Washington raam die dodetal na Hamas se naweekaanvalle op meer as ‘n duisend.

Israeliese soldate gaan nou van huis tot huis om liggame van die slagoffers te verwyder.

Israel se generaal-majoor Itai Veruv, sê Hamas-militante se taktiek is nié ‘n oorlog nie, dit is “‘n bloedige mense-slagting.”

Intussen sê Teheran hy het niks met die naweek se onverwagse Hamas-aanval in Israel te make gehad nie, maar dit kom voor asof Iran hom in die aanval verlekker.

Reuters berig ‘n top-regeringsamptenaar, Ayatollah Ali Khamenei, het gesê Iran is in sy skik, met dit wat hy as ‘n “onherstelbare militêre en intelligensie-nederlaag” beskou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×