Israel se genadelose hantering van gesondheidsorg-geriewe in Gaza kan ingevolge Internasionale Humanitêre Wetgewing op die skending van menseregte neerkom.
Terwyl werksaamhede by vier hospitale in die Gaza-streek heeltemal deur Israeliese aanvalle tot stilstand geruk is, het nog 21 hospitale vanoggend opdrag gekry om dringend te ontruim.
Luidens ‘n verklaring deur die Wêreldgesondheidsorganisasie is hierdie ontruimingsbevel deur Israel se gewapende magte ‘n “doodsvonnis” vir pasiënte wat van intensiewe sorg of noodoperasies vir oorlewing afhanklik is.
Die organisasie het dit benadruk dat alle moontlike maatreëls getref moet word om gesondheidswerkers, pasiënte en hospitale in oorloggeiteisterde gebiede te beskerm.