Israel se minister van verdediging, Yoav Gallant, is oppad na Washington DC vir samesprekings met sy eweknie, Lloyd Austin.

Luidens ‘n verklaring deur die Israeliese regering sal Gallant ook met Antony Blinken, Amerikaanse minister van buitelandse sake en die nasionale veiligheidsraadgewer, Jake Sullivan, vergader oor die oorlog in Gaza, die gyselaars wat deur Hamas aangehou word en noodleningsaksies in die gebied.

Al Jazeera berig Israel se offensief in die mees suidelike stad, Rafah, sal ook bespreek word. Dit is Gallant se eerste besoek aan Amerika sedert die oorlog tussen Israel en Hamas op 7 Oktober verlede jaar uitgebreek het. 

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×