Israeliese magte is sedert vroegoggend besig om ‘n operasie teen Gaza se grootste hospitaal uit te voer. Dit is die eerste keer dat die weermag die Al-Sjifa-hospitaal direk binnegaan na dae van aanvalle en hewige gevegte om die terrein in Gazastad. Die BBC berig duisende pasiente en burgerlikes skuil glo in die hospitaal. Dr Moenir al-Boersj, direkteur-generaal van Gaza se gesondheidsministerie het aan Al Jazeera-televisienuus gesê soldate het die westelike kant van die hospitaal binnegeval. Daar is glo groot ontploffings. Die soldate het ook na die kelderverdieping van die hospitaal beweeg wat glo ‘n bevel-en beheersentrum vir Hamas en ‘n ander Palestynse militante groep, die Islamitiese Djihad is. Die twee terreur-groepe se wapens word glo ook daar gestoor.     

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×