Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken het weer tydens ‘n vergadering met die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, sy land se teenkanting uitgespreek teen ‘n aanval op ‘n stampvol Rafah in die suide.
Die nuusdiens Axios berig Netanyahu het Woensdag aan Blinken gesê hy sal nie ‘n ooreenkoms aanvaar wat die oorlog sal beëindig nie.
Israel het onderneem om die oorlog voort te sit totdat Hamas vernietig is. Hamas, wat ‘n blywende skietstaking eis, oorweeg tans ‘n Israeliese voorstel vir ‘n 40 dae skietstaking in Gaza.
AFP berig Hamas oorweeg dié plan waarvolgens talle gyselaars vir meer Palestynse gevangenes uitgeruil sal word. Israel se ontrekking uit die Gaza-strook bly egter ‘n twispunt.