Weens ‘n onlangse verwikkeling is Israel se weermag op hoë gereedheidsgrondslag, vir ‘n beplande weerwraak-aanval deur Iran.

Dit volg op Iran se onderneming om wraak teen Isreal te neem vir die moord op een van sy senior amptenare by die Iranse ambassade in Damaskus. John Kirby, van die VSA-veiligheidsraad, sê vrese oor so’n aanval deur Iran is nie ongegrond nie.

Intussen berig Reuters dat die Israeliese weermag skynbaar geen nuwe instruksies aan burgerlikes gegee het nie, maar dat mense wel gemaan word om uiters waaksaam te bly. Daniel Hagari, hoof militêre woordvoerder van Israel, sê die weermag se taktiese planne, is al klaar goedgekeur.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×