Die voormalige Israeliese ambassadeur aan die Verenigde Koninkryk, Daniel Taub, wat ook ‘n prokureur is, het gesê Israel sal volhou dat hy nie die konflik begin het nie. Die saak in die Wêreldhof hervat vanoggend om elfuur Suid-Afrikaanse tyd. Die Suid-Afrikaanse regering kla Israel aan vir volksmoord op Palestynse burgers. Taud het gesê as dit nie vir die gebeure op 7 Oktober verlede jaar was toe Hamas ‘n aanval op Israel geloods het nie, was soveel Palestyne en Israeliese burgers nog lewend. Netwerk 24 berig prof Theo Neethling, ‘n politieke kenner aan die Universiteit Vrystaat, het gesê alhoewel die Suid-Afrikaanse regspan gister ‘n sinvolle argument gelewer het, is die ANC se betrekkinge met Palestina onmiskenbaar. Neethling het gesê Suid-Afrika kan dalk gekritiseer word omdat hy hom nie uitspreek teenoor ander menseregte-vergrype van dieselfde aard nie. Neethling het bygevoeg dat Hamas se ongeregtighede iets is wat nog nie in die hof bespreek is nie.