Israel het ingestem tot onderbrekings in sy aanvalle in die Noorde van Gaza sodat burgelikes kan wegvlug van die swaar gevegte. Eerste minister Benjamin Netanyahu het egter ‘n skietstilstand verwerp en gesê dit sal as ‘n oorgawe aan Hamas beskou kan word. AFP berig die VSA se president Joe Biden het ook die onderbrekings verwelkom. Dit sal ‘n ooreenkoms bekragtig waarvolgens duisende Palestyne alreeds uit die noorde van Gaza kon vlug, maar hy het bygevoeg daar is nie ‘n moontlikheid vir ‘n skietstilstand nie. Netanyahu het gesê Israel wil nie Gaza regeer nie maar slegs ‘n beter toekoms vir die Palestyne gee deur Hamas uit te wis. Israel het Hamas ook intussen beskuldig dat die terreurgroep hospitale gebruik om sy militêre operasies te verdoesel.