Volgens die Israeliese weermag is Hamas se Khan Younis-militêre hoof die naweek in ‘n lugaanval dood. Israel sê hy het die gesneuwelde Rafa Salama, en ook die Hamas gewapende vleuel-leier, Mohammed Deif, met hierdie aanval geteiken. Gesondheidsbeamptes meld egter minstens 90 Palestynse sterftes is weens die aanval aangemeld.

Voorts is daar minstens 17 Palestyne dood, toe Israel die naweek nóg aanvalle op Gasastad loods. Reuters berig daar was minstens vier afsonderlike Israeliese lugaanvalle op huise in verskeie dele van die stad.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×