Israel het sy onderhandelaars uit Katar teruggeroep wat pogings dadelik eindig om ‘n skietstilstand en gyselaarsooreenkoms met Hamas te beding.

The Guardian berig die stap kom na die Verenigde Nasies se stem gister waarin ‘n onmiddellike skietstilstand en gyselaarsooreenkoms met Hamas geëis word.

LEES MEER: Israel se minister van verdedeging oppad na Amerika

Die eerste minister van Israel, Benjamin Netanyahu, se kantoor het in ‘n verklaring gesê Israel sal nie swig voor Hamas se misleidende eise nie. Hamas het ‘n verklaring uitgereik waarin hy sê Israel reageer nie op kern-eise vir ‘n omvattende wapenstilstand, onttrekking uit die gebied, die uitruil van gevangenes en dat ontheemdes kan terugkeer na hul woonplekke nie.

Gevegte tussen Israeliese troepe en Hamas het Dinsdag in die Gazastreek voortgewoed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×