Israel het gister, ná die aankondiging dat die Internasionale Strafhof eerste minister Benjamin Netanyahu in hegtenis wil neem, sy stryd teen Hamas in Gasa voortgesit. Israel het ‘n beroep op eendersdenkende nasies gedoen, om die Strafhof se versoek om ‘n lasbrief vir arrestasie vir Netanyahu, sy weermaghoof, en drie leiers van Hamas teen te staan.

Israel sê hy het gister aanvalle op 70 teikens in Gasa uitgevoer. ‘n Palestynse nuusagentskap berig dat ‘n dokter, ‘n onderwyser en ‘n student, onder die mense is wat in gister se aanvalle dood is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×