Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, het aangekondig sy land sal tydelike humanitêre hulp via sy grens aan die noordelike Gaza-strook toelaat. Dit kom nadat Israel ‘n waarskuwing van pres Joe Biden van Amerika ontvang namate internaionale druk toeneem vir hulpverlening aan die Palestyne.

AFP berig Netanyahu het in ‘n verklaring gesê Israel sal tydelik hulpverlening toelaat deur die Ashdod en Erez-kontrolepunt, met verwysing na ‘n hawe sowat 40km noord van Gaza. Volgens die verklaring sal verhoogde hulp ‘n humanitêre krisis voorkom. Dit is ook nodig om die voortsetting van gevegte te verseker en om die doelwitte van die oorlog te bereik.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×