Minstens ses mense is dood en sewe gewond in ‘n lugaanval Donderdagoggend in sentraal-Beiroet in Libanon.
SABC News berig die Israelse weermag sê in ‘n verklaring dat hy ‘n presisie-aanval op ‘n gebou uitgevoer in die Bachoura-gebied in Beiroet, wat naby die parlementsgebou geleë is.
Israel het ook drie missiele afgevuur op die Dahijeh-woongebied, waar die Hezbollah-leier, Hassan Nasrallah verlede week in ‘n aanval dood is. Libanese veiligheidsamptenare het bevestig dat daar hewige ontploffings was. Israel het Woensdag ook talle aanvalle in dieselfde woongebied uitgevoer, nadat Iran die vorige aand meer as 180 missiele na Israel afgevuur het.
Woendag is agt Israelse soldate dood in gevegte met Hezbollah in suid-Libanon. Israel het Maandag met ‘n beperkte grondoffensief in Libanon begin.