Die Israelse weermag het burgerlikes in Gazastad gister gevra om die gebied te ontruim met die oog op ‘n grondaanval. Die VN het gesê hulle het ‘n waarskuwing van Israel gekry dat sowat 1,1 miljoen mense wat in die noorde van Gaza woon, uit die gebied moet padgee. Die Israelitiese weermag bombardeer steeds die Hamas-beheerde Gazastrook, en die lewering van kos, water, brandstof en elektrisiteit word verhoed. Israel se militêre woordvoerder het gesê hulle het op liggame en artikels van Israeliese burgers afgekom nadat hulle klopjagte in die noordelike deel van Gaza uitgevoer het. Intussen dring die Israelitiese gemeenskap daarop aan dat gyselaars gered word voor die inval in Gaza begin. Volgens Al Jazeera News is dit ‘n riskante operasie vir die weermag en sal spesiale magte dalk ontplooi moet word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×