Israel het vandag aangekondig hy is weer in beheer van die Gaza-grens. Reuters berig Skout-Admiraal Daniel Hagari, die weermagwoordvoerder, het gesê geen Hamas-vegter het sedert Maandag die land vanuit Gaza geïnfiltreer nie. Israel het landmyne geplant waar Hamas-vegters die naweek die versperring oorgesteek het. Intussen is bekende bakens wêreldwyd verlig om steun aan Israel te toon. Die Withuis in Washington was Maandagaand in blou en wit ligte getooi asook die Operahuis in Sydney, die Eiffeltoring in Parys en die Brandenburghek in Berlyn. Burgers van meer as 50 lande werk in Israel met die VSA, Brittanje, Duitsland en Thailand wat reeds sterftes of ontvoerings aangemeld het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×