Die woordvoerder van die Israeliese weermag, of IDF, Avichay Adraee, het tydens ‘n opdatering oor aanvalle die afgelope 24-uur gesê die IDF het diep in Chan Joenis inbeweeg en 40 terroriste geëlimineer. Die BBC berig die weermag het bygevoeg verskeie belangrike tonnelopeninge is ook gevind. Die IDF het saboteurs in die Maghazi-gebied gewaar en ‘n vliegtuig opdrag gegee om hulle aan te val en uit te wis. Israeliese vlootmagte het militêre terreine, pakhuise en vlootvoertuie aangeval wat deur Hamas in Gaza gebruik word. Die IDF het intussen bekendgemaak nog vier van sy soldate is tydens ‘n militêre operasie in Gaza dood. Volgens Reuters bring dit die dodetal sedert 7 Oktober verlede jaar op 182 te staan. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×