Die Israelse minister van verdediging, Yoav Gallant, het vandag gesê Israeliese magte het die Hamas-brigade in Chan Joenis in die suide van Gaza vernietig. Sky News berig Gallant het in ‘n verklaring gesê Israel bereik sy doelwitte in Chan Joenis en sal dit ook in Rafah bereik deur die terreur-elemente te vernietig.

INTUSSEN, het hoofde van 15 Verenigde Nasies se organisasies gevra dat menigte lande wat finansiering aan die UNRWA, die VN se agentskap vir Palestynse vlugtelinge, gestaak het, hul besluit sal heroorweeg. Ten minste tien lande het hul finansiering onderbreek, insluitend die VSA en Brittanje weens Israel se beweringe dat UNRWA personeel aan die aanvalle van 7 Oktober deelgeneem het.  Die UNRWA het gesê die ontrekking van fondse lei tot die ineenstorting van die humanitêre stelsel in Gaza.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×