Hamas-vegters het glo instruksies in hulle besit vir die vervaardiging van chemiese wapens. Sky News berig President Isaac Herzog het Sondagaand die bewering gemaak maar die nuusagentskap kon nie die stelling onafhanklik bevestig nie. Herzog het dokumente gewys van diagramme wat die bou van sulke wapens uiteensit en gesê dit is Al-Kaida se dokumente. Herzog het beklemtoon Israel het te doen met Isis, Al-Kaida en Hamas. Die dokumente is glo op ‘n USB-stokkie by die liggaam van ‘n Hamas vegter gevind. Herzog het Israel se aanvalle op Gaza die afgelope twee weke verdedig en gesê sy prioriteit is die burgers van Israel en hulle het geen ander keuse as om Hamas te elimineer nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×