Die Israelse weermag het die liggaam van ‘n 19-jarige vroulike Israeliese soldaat, Noa Marciano, aan haar familie terugbesorg nadat sy in ‘n struktuur naby die Al-Sjifa hospitaal gevind is. Sy is vanmiddag begrawe. BBC berig sy was een van die sowat 240 gyselaars wat deur Hamas op 7 Oktober gevange geneem is. Nog ‘n vrou wat as gyselaar aangehou is, Yehudit Weiss, se liggaam is ook in ‘n struktuur naby die hospitaal deur soldate gevind. Intussen, het soldate ‘n monument van Jasser Arafat, stigter van die Palestynse Bevrydingsorganisasie, in die dorp Toelkarm met ‘n stootskraper platgevee.