Die Israeliese Weermag, of IDF, het vandag aangekondig dat hy die huis van Ismail Hanijeh, wat algemeen as Hamas se hoofleier beskou word, met vegvliegtuie aangeval het. Hanijeh is in 2017 tot die hoof van Hamas se politieke buro verkies, maar woon al etlike jare in Katar. Die BBC berig hy is in 2018 deur die Amerikaanse departement van buitelandse sake tot terroris verklaar. Intussen, het die Israeliese president, Isaac Herzog, gesê Israel kan nie ‘n leemte in Gaza laat nie en sal ‘n sterk mag daar moet handhaaf vir die nabye toekoms om te verhoed dat Hamas weer opduik. Hy het volgens Reuters gesê as Israel onttrek, is die vraag wie sal oorneem. Niemand sal Gaza weer in ‘n terreurbasis verander nie, het Herzog bygevoeg.