Isuzu Motors SA word vir die derde agtereenvolgende jaar as ‘n Top Werkgewer in Suid-Afrika erken.
Arrive Alive verduidelik dit word deur die internasionaal erkende Top Employers Institute toegeken.
Senior Vise-president van Menslike Kapitaal by Isuzu, Mongezi Hermans, sê hulle glo dat hulle mense hul grootste bate is.
Hul beste praktyke in menslike hulpbronne is daarop gemik om ‘n omgewing te skep waar werknemers kan ontwikkel en groei.
Die sertifiseringsproses behels ‘n deeglike evaluering van verskeie menslike hulpbronnepraktyke, insluitend talentstrategie, leer- en ontwikkeling, leierskapsontwikkeling en werknemersbetrokkenheid.
Isuzu se toekenning verbeter hul reputasie, trek potensiële kliënte aan, en beklemtoon hul etiese benadering en betroubaarheid in sake.