Die Italiaanse polisie het een van hul land se mees gesoekte dwelmhandelaars in hegtenis geneem nadat hulle hom in Colombië opgespoor het.

Luigi Belvedere was ‘n sleuteltussenganger tussen Colombiaanse kokaïenprodusente en mafiabendes in Suid-Italië. Die SAUK berig hy het einde 2020 uit Italië gevlug. Die 34-jarige Belvedere is in sy afwesigheid tot meer 18 jaar tronkstraf gevonnis. Dit het hom glo nie afgeskrik nie, en hy het voortgegaan om kokaïen van Suid-Amerika na Europa te verskeep.

Die polisie het tydens die aankondiging van sy inhegtenisneming ‘n foto vrygestel van Belvedere wat poseer by die graf van Pablo Escobar in Medellin. Escobar was waarskynlik Colombia se mees berugte bendeleier. Dit was dan ook in Medellin waar Belvedere uiteindelik aangekeer en in hegtenis geneem is.

error: Inhoud is beskerm !!