Italië van vandag af vir die volgende drie dae onder die strengste inperking

 In ‘n poging om ‘n hernieude toename in nuwe gevalle te beperk, sal Italië van vandag af vir die volgende drie dae onder die strengste inperking wees weens die coronaviruspandemie.. Dit is die tweede Paasfees wat Italië onder ‘n algehele sluiting is. Die inwoners mag slegs wegneemetes koop en meeste nie-noodsaaklike winkels is gesluit. Mense mag ook nie onnodig hul huise verlaat nie. Kerke is egter nie gesluit nie, en mense mag slegs kerkdienste naby hulle huise bywoon. Pous Franciskus sal ook nie vanjaar sy Paasfeesboodskap op St Petersplein in die Vatikaanstad hou nie.

Luister na potgooie hieronder