Die IVP-leier, Velenkosini Hlabisa, sê sy party skrik nie vir die MK-party van oudpres Jacob Zuma nie. Netwerk 24 berig Hlabisa het vir die Kaapstad-persklub gesê die MK-party lok net ontevrede ANC-kiesers. Hy het bygevoeg die mense van KwaZulu-Natal weet wie Jacob Zuma is en die skade wat hy vir nege-jaar aangerig het as president.
Onlangse meningspeilings deur die Brenthurst-stigting en die Social Research Foundation, het die MK se steun op 13% nasionaal geskat. Hlabisa het gesê sy party sal nie met die ANC saamwerk nie want dié party het die land verwoes. Dit is ook die rede hoekom die IVP by die Veelparty-handves vir Suid-Afrika betrokke geraak het.