Die leier van die Inkatha Vryheidsparty, Velenkosini Hlabisa, sê die visie wat wyle oudpresident Nelson Mandela vir Suid-Afrika gehad het, is dood.

Hlabisa het Dinsdag in die parlement aan ‘n debat oor die staatsrede deelgeneem. Hy waarsku dat die huidige regering ‘n gevaarlike speletjie speel deur nié in die behoeftes van die land se mense te voorsien nie.

Daar word asem opgehou vir die begrotingsrede wat op 21 Februarie deur die minister van Finansies, Enoch Godonwana, gelewer sal word. SA sal aanstaande maand weet of die land tegnies in ‘n resessie is, wanneer die kwartaalgroei bekend gemaak word.

Indien die groei in die vierde kwartaal afgeneem het, sal dit ‘n tweede agtereenvolgende daling wees, wat kortom beteken dat die land in ‘n resessie is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×