Die IVP wil weer daarna kyk om moontlik die doodstraf terug te bring. Die party het gister sy verkiesingsmanifes by die Moses Mabhida-stadion in KwaZulu-Natal bekend gestel.

IVP-leier, Velenkosini Hlabisa, se voorlegging bevat ook ‘n stewige strategie om werkloosheid in die land te beëindig. Hierdie plan sluit in dat 80 persent van alle posisies
vir Suid-Afrikaners gereserveer word, en dat die eienaarskap van spaza-winkels van buitelanders weggeneem moet word.

Die doodstraf was in Augustus verlede jaar in die kollig, toe Herman Mashaba, president van ActionSA, dit deel van sy party se beleid wou maak. Die party se senaat, wat besluitneming beheer, het egter hierteen besluit. Mashaba het al dikwels onder skoot gekom vir sy standpunt oor die doodstraf as teenvoeter vir geweldsmisdaad in die land.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×