Die IVP is die derde party wat hom verbind tot die vorming van ‘n regering van nasionale eenheid met die ANC en DA op nasionale vlak. Die president van die IVP, Velenkosi Hlabisa, het die aankondiging in Durban gedoen ná beraadslagings deur IVP-onderhandelaars.

Hlabisa sê hulle moet egter nog besluit oor samewerking in KwaZulu-Natal.

Die MK-party het in verlede maand se verkiesing die meeste stemme – 45,35% – in die provinsie ontvang, die IVP 18,07% en die ANC 16,99%.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×