Die IVP wil hê poste met min of geen vaardighede moet vir Suid-Afrikaners gegee word. Dit was een van die besluite wat op die tweedaagse beleidskonferensie in Empangeni geneem is. Dit raak veral poste as vragmotorbestuurders en restaurant kelners. Spaza winkels moet ook deur Suid-Afrikaners oorgeneem word.Liezel van der Merwe, IVP-LP het gesê die land het ‘n groot immigrasiekrisis. Die IVP sal buitelanders in SA ses maande gee om hul dokumente reg te kry en dat onwettige immigrante daarna gedeporteer sal word. Die IVP se jeugliga het volgens Netwerk 24 gesê ondernemings wat buitelanders aanstel behoort vervolg te word. Die leier van die IVP, Velenkosini Hlanisa het hom ook teen onwettige immigrante uitgespreek en gesê dit lei tot misdaad.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×