Jaco Coetzee het die belangstelling van minstens twee Europese klubs gelok

Jaco Coetzee, losvoorspeler van die Westelike Provinsie en Stormers, het die belangstelling van minstens twee Europese klubs gelok.

Bayonne in Frankryk het verlede week gesê hy stel belang in die Suid-Afrikaner se dienste en Bath in Engeland is ook nou gretig om Coetzee te betrek as plaasvervanger vir die belowende Engelsman Zach Mercer.

Netwerk24 berig die 23-jarige Mercer se besluit om na Montpellier te verkas beteken sy toetsloopbaan is vir eers van die baan.

Mercer het voorheen twee toetse vir die Rose gespeel.

Dit maak egter die deur vir Coetzee oop om sy loopbaan by Stuart Hooper se Bath voort te sit

Luister na potgooie hieronder