Oudpresident, Jacob Zuma, sal luidens berigte die naweek in Mpumalanga ‘n hooftoespraak lewer by ‘n veldtoggeleentheid van die onlangs gestigte Umkhonto weSizwe Party. Die party het gesê Zuma sal meer besonderhede gee oor sy besluit om die nuut gestigte party vir die komende verkiesing te ondersteun. Die voormalige president het onlangs verklaar dat hy nie hierdie jaar vir die ANC sal stem nie. Die regerende party gaan ook hierdie naweek ʼn veldtog in die provinsie voer voor sy verjaardagvieringe volgende week.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×