Jacob Zuma sal na verwagting vandag ‘n dringende aansoek by die Hooggeregshof in Pietermaritzburg indien

Die voormalige president, Jacob Zuma, sal na verwagting vandag ‘n dringende aansoek by die Hooggeregshof in Pietermaritzburg indien waar hy sal vra dat die tronkstraf wat hom opgelê is, herroep word.

Dit volg nadat Zuma Woensdag skuldig bevind is aan minagting van die hof en 15 maande tronkstraf opgelê is.

Luidens berigte is die aansoek om hom tyd te gee om die Grondwet Hof te nader in ‘n poging om sy skuldigbevinding en vonnis nietig te verklaar.

Netwerk24 berig emeritus professor, Pieter Labuschagne, regskenner van Unisa, sê dit is nou te laat vir Zuma om hom tot enige hof te wend aangesien die Grondwet Hof die hoogste hof in die land is.

Luister na potgooie hieronder