Jacob Zuma-stiging sê hofbeslissing was ongrondwetlik en emosioneel

Die voorsitter van die Jacob Zuma-stiging, Mzwanele Manyi, het die oudpresident se vonnis van 15 maande vir minagting van die hof, veroordeel en gesê die hofbeslissing teen Zuma deur die Konstitusionele Hof was ongrondwetlik en emosioneel.

Die uitspraak teen Zuma volg nadat hy in Februarie ‘n hofbevel geminag het, wat hom beveel het om voor die staatskapingskommissie te verskyn.

Volgens die hofbeslissing het Zuma tot Sondag tyd om by ‘n polisiestasie aan te meld.

Manyi hou vol dat Zuma nog altyd ‘n wetsgehoorsame burger was.

Intussen wag Zuma nog op regsadvies oor sy pad voorentoe.

Luister na potgooie hieronder