Verskeie onderwerpe soos die uitreik van jaglisensies en permitte is by die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) se jaarlikse kongres in die Oos-Kaap by Cradock bespreek.
Veeplaas Tydskrif berig alhoewel die voormalige voorsitter, Neil du Preez, pogings aangewend het om permitte vir die jag van luiperde te verkry, hy onsuksesvol was.
Die verkryging van permitte vir die jag van probleemdiere soos hiënas bly ‘n groot moontlikheid.
Du Preez het ook tydens die kongres die belangrikheid van produksie-adviesdienste in die wolbedryf beklemtoon, en het NWKV-lede aangemoedig om gebruik daarvan te maak.
Frikkie Wentzel is tydens dié kongres as die nuwe NWKV Oos-Kaap-voorsitter aangestel, terwyl Alfonso van Niekerk as die nuwe ondervoorsitter aangewys is.